Eskom beurtkrag kom weer

Eskom het sy teleurstelling uitgespreek oor die besluit van die graderings agentskap Moody’s wat die bankrot entiteit van die staat verder afgradeer het.

Die Moody’s Beleggingsdiens het Eskom afgradeer van ’n B2 tot ’n B3, wat beteken dat die entiteit geen vertroue wek by verbruikers of die graderings agentskap nie.

Met die afgradering word Eskom in lyn gebring met die swak vertoning van die ANC se finansiële stand, en die wantroue wat dit skep op internasionale en nasionale vlak.

Die moontlikheid bestaan dus dat Eskom met die krisis bestuur stelsel weer die beurtkrag stelsel kan begin toepas om sy finansiële stand te verlig, maar die land sal daarmee ten gronde gaan weens die impak wat dit sal hè op die algemene finansiële stand.

Eskom het laat gistermiddag erken dat hy op kort kennisgewing weer beurtkrag kan instel “omdat die stelsel onder druk verkeer” wat na mening waarskynlik finansiële druk is.