Elf nuwe senior hoofde vir hospitale

Gauteng se Lid van die Uitvoerende Komitee van Gesondheid, dr Bandile Masuku , het 11 nuwe Hoof Uitvoerende Beamptes aangestel in streeks en distrik hospitale.  Volgens hom is dit ʼn mengsel van jong en “gesoute” professionele persone wat energie gaan bring in die gesondheidsektor.  Vier van die elf aanstellings is persone met doktorsgrade terwyl drie hospitale geen aansoek ontvang het vir die poste van Uitvoerende Beamptes nie.  Dit is Heidelberg-, Bertha Gxowa- en Jubilee hospitale.

Die geweldige sterftes weens nalatigheid van die personeel in Gauteng hospitale het waarskynlik iets te make met die aanstellings, maar kenners reken die hospitale kan nie goeie diens en betroubare behandeling aanbied met onopgeleide personeel nie.

Geneeskundiges het hul tevredenheid uitgespreek met Minister Tito Mboweni se verklaring dat die omstrede Nasionale Gesondheidsplan van die baan is weens die swak ekonomiese toestand van die land.