Elf kortlys kandidate vir Transnet pos

Slegs 11 kandidate het aansoeke ingedien wat gekwalifiseer het om op die kortlys te verskyn vir die pos as grootbaas vir Transnet, waarvan drie uitvoerende hoofde van die spoordiens is.

Die staats beheerde entiteit, waarvan die finansies ook nie te rooskleurig is nie, het glo 11 kandidate waaruit ’n aanstelling gemaak sal word vir die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte.

Die aanstelling kom nadat die vorige hoof, Siyabonga Gama, afgedank is, en sal na verwagting eers oor ’n week of meer gefinaliseer word.

Benewens die direksie van Transnet, is ’n buite instansie se kundigheid glo bygetrek om die onderhoude te voer en ’n finale besluit te neem.