Egipte bekommerd oor reuse dam projek

Die reuse dam wat in die Blou Nyl gebou word om hidroëlektriese krag op te wek, het spanning gebring tussen die drie Afrika lande wat daardeur geraak word.

Die president van Egipte het in gesprek gekom met die Amerikaanse president, maar hy het aanbeveel dat die drie lande, Egipte, Ethiopië en Soedan tot ’n vergelyk kom oor die watervoorsiening wat onderbreek kan word en wat die lewensaar van Egipte is.

Die reuse hidroëlektriese damprojek van Ethiopië kan die Egiptiese bevolking se watervoorraad inkort indien daar nie ’n behoorlike ooreenkoms aangegaan is tussen die drie lande nie.

Die dam se water sal ook ’n deel van die Soedan se grondoppervlakte bedek, en daarvoor asook die gebruik van daardie water, moet in ’n ooreenkoms vervat word.

Ethiopië sê die dam se vermoë om elektrisiteit op te wek is uiters noodsaaklik vir die land se ekonomiese vooruitgang, maar gipte voel dat hy geen baat vind by die projek nie.