EFF herhaal belediging teen Gordhan

Minister Pravin Gordhan het sy saak teen Malema verloor in die Gelykheidshof, en daarmee is toegelaat dat die EFF ondersteuners en parlementslede die belediging herhaal.

Gordhan het Malema voor die hof gedaag nadat die Rooihemp se leier die minister uitgeskel het as ’n “hond van wit monopolistiese kapitaal”.

Kort nadat uitspraak gelewer is oor die belediging het die EFF se adjunk president, nie gehuiwer om die minister te beledig nie.

Intussen het een van die parlementariërs van die Rooi hempies dieselfde woorde herhaal dat hy die “hond van wit monopolistiese kapitaal” is.

Floyd Shivambu die EFF se adjunk, het ook op die wa gespring en na die minister verwys as die “god van Stratcom”.