Eerste Gupta huis onder die hamer

Die eerste van ’n hele aantal woonhuise in Saxonwold wat aan die Guptas behoort, word deur die Park Village afslaers opgeveil.

Die eiendom was bewoon deur die seun van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, wat aanvanklik geweier het om die perseel te verlaat.

Wetstoepassers het die Magashule egter gedreig met stappe weens sy dwarsboming van die gereg.

Die wooneenheid wat in Avonwold Weg geleë is, sal Maandag, 18 November onder die hamer kom, en die luukse plek wat meer as 1,100 vk meter beslaan, sal na verwagting vir ’n aansienlike bedrag verkoop word.

Woonhuis in die buurt se pryse wissel tussen R3 miljoen en R20 miljoen, en word beskou as een van die mees gesogte dle van Johannesburg.