Duitsland kom Trump se vereistes na

Duitsland het, soos talle ander Europese lidlande van Navo, vir baie jare nie hulle vereiste finansiële bydraes gemaak tot die effektiewe funksionering van Navo nie.

President Donald Trump het egter kort nadat hy tot Amerikaanse president verkies is, Duitsland daarvan beskuldig dat hy nie sy regmatige bydrae lewer tot Navo nie, en selfs gedreig om die VSA te onttrek as lid indien Europese lande nie hulle regmatige deel doen nie.

Die druk wat Trump op die Bondskanselier van Duitsland toegepas het, het nou goeie vrugte gelewer.

Bondskanselier Angela Merkel, wat aanvanklik woedend was vir Trump se eise, het nou bes gegee en aangekondig dat Duitsland vanaf 2021 in lyn sal kom met wat die VSA se bydrae is.

Woordvoerders van Navo sê die aankondiging word verwelkom en sal ook ’n groot bydrae lwer om die spanning onder lidlande te verlig wat tot hede nie tevrede was met Duitsland se bydraes nie.

Duitsland sal sy bydrae tot Navo se fondse verhoog met $36 miljard om in lyn te kom met wat die VSA jaarliks bydrae.