Duitse tandarts se tand rekord

Die vreemdste rekord is nou opgeteken in die Guinness Boek as ’n nuwe inskrywing nadat ’n tandarts in Duitsland ’n groot tand uitgetrek het van ’n Kroatiese pasiënt.

Die pasiënt het reds vir ’n geruime tyd gekla van ’n geweldige tandpyn, en moes tot sy eie verbasing sien dat die tandarts ’n reuse tand van 37,2 mm (bykans 1,5 duim) uitgetrek het.

Dit is die langste tand wat nog uit die mond van ’n mens getrek is, en het die rekords gemaklik oortref.

Sowat 78& van die tand se lengte was deel van die wortelstelsel, en verberg onder die tandvleis lyn.

Die tandarts wat spog met die ervaring, maar waarskynlik nie so ’n tand maklik getrek gekry het nie, sê hy die sertifikaat ’n spesiale plek in sy praktyk se vertrekke gee.