Duitse konserwatiewes veroorsaak golwe

Bondskanselier Merkel

’n Groot groep konserwatiewe kiesers uit die geledere van Angela Merkel se Christen Demokratiese Unie, het in die oostelike deelstate chaos veroorsaak onder Merkel se senior partygenote toe hulle aangekondig het dat hulle in gesprek wil tree met die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland.

Die Merkel ondersteuners eis noudat gesprek met die AFD begin word, maar dit het die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat.

Die AFD het in die afgelope maande dramatiese vordering getoon teenoor die daling van steun in die Christen Demokratiese Unie van Kanselier Merkel.

Die beleid en weerstand wat deur die AFD ontketen is teen die Merkel beleid oor toelating van immigrante in Duitsland, het gelei tot die geweldige vinnige groei in ondersteuning.

Nadat Merkel groot steun verloor het en gedwing was om met haar politieke vyand in ’n koalisie te gaan weens haar “oop deur” beleid met immigrasie, het haar CDU se steun verder getaan.