Duisende Venezuela kiesers protesteer

Die leier van die opposisieparty in Venezuela, Juan Guaido, se oproep tot die kiesers om hernude verset optogte te begin, het oorweldigende reaksie ontlok teen die bewind van die land se president, Nicolas Maduro.

Alhoewel Maduro met soortgelyke massa optogte wou begin, het dit geen sukses gehad nie, en het ’n paar honderd van sy ondersteuners in die strate opgedaag.

Guaido se verset optogte het regoor die land se vernaamste stede begin, en derduisende ondersteuners het in die hoofstad Caracas met slagspreuke teen Maduro, en met baniere en vlae die strate gevul.

Guaido het sy ondersteuners aangemoedig om hulle verset optogte vol te hou in ’n poging om die Maduro-rgime te dwing tot oorgawe, maar of dit sukses sal bring, word betwyfel aangesien Rusland en Kuba die Maduro bewind ondersteun.