Duisende skole in Nederland moes sluit

Meer as 4,000 skole in Nederland moes hulle deure sluit weens ’n staking dur die onderwysers, en is deel van ’n landswye protes regoor die land.

Duisende onderwysers het aan die staking deelgeneem wat Woensdag begin is en wat gelei het tot ’n massiewe ontwrigting van skole en leerlinge.

Die onderwysers staak weens ’n tekort aan fondse wat weer gelei het tot ’n groot tekort aan leerkragte by die land se skole.

Die staking het voortgeduur tot die Nederlandse Eerste Minister, Mark Rutte, ’n ooreenkoms bereik het met die handels unie en die protesterende skole.

Die ooreenkoms beheld ondermeer dat ’n bykomende €460 miljoen belegging gemaak sal word in die opvoedkunde e en sal ook voorsiening maak vir die aanvulling van meer onderwysers.