Diewe steel miljarde Rand se skatte

In die Duitse stad Dresden het diewe daarin geslaag om sowat R18 miljard se kosbare skatte en juwele uit ’n museum in die ooste van die land te steel.

Die meegaande foto is van die stad se paleis wat in ’n unieke historiese museum omskep is, en die grootste versameling skatte in Europa gehuisves het.

Die skurke het die elektriese toevoer in die Dresden’s Gruenes Gewoelbe afgesny waar die grootste versameling juwele is van Europa, en alhoewel die polisie in die hele Europa op die uitkyk is vir die slinkse diewe, kon hulle tot hede net die paleis af seel en probeer hulle uitpluis wat alles gesteel is.

Die personeel van die museum het geen verklarings gemaak nie, en is so verslae oor die gebeure dat hulle verkies om nie met die media te praat nie.