Die tweede nuttelose gepraat skop af

Die Suid-Afrika Beleggings Konferensie het die week afgeskop, en word deur verskeie politieke waarnemers en finansiële deskundiges beskou as die twee jaar waartydens daar gepraat word, en niks bereik word nie.

Die ANC se president Cyril Ramaphosa neem leiding van die regering se kant om die tweede byeenkoms wat jaarliks gehou word, te huisves in Sandton.

Met ’n soort tema van “Versnel groei deur bou van vennootskappe” sal die konferensie se afgevaardigdes oor drie dae praat en praat….

Verlede jaar is die eerste konferensie gehou, en daaruit het niks voortgespruit wat die bankrot en rommelstatus van die land kon verbeter nie.

Mboweni, die Minister van Finansies, het juis gesê die land se verwagte groeikoers van 1,5% sal nie bereik word nie, en verwag ’n groei van 0,5%.