Die spoke kry ook salaris

’n Voormalige werknemer van die Departement van Arbeid is tronkstraf opgelê deur die Strekshof in Witbank vir 15 voorvalle van bedrog waaraan hy skuldig bevind is.

Die 42-jarige Thokozani Percy Skosana was werksaam in die Werkloosheid Versekerings Fonds se afdeling van die Departement, en het sedert 2012 verskeie betalings laat maak aan “spoke” en kon met die betalings ’n “sakeonderneming” begin waar vervoerwerk en algemene handelaar dienste verskaf word.

Die maatskappy van hom het gesorg dat spoke ook geregistreer word as werkloses, en daarmee ’n redelike maandelikse inkomste gerealiseer.

Die spookstorie het die Departement van Arbeid meer as R63,000 iot die sak gejaag, wat klaarblyklik weens die finansiële posisie van die man, nie verhaal kan word nie.