Die onrus spook in Irak

Die leiers van Iran het glo toegetree tot die krisis situasie in die buurstaat Irak waar onrus steeds woed, en ontevredenheid heers oor die land se Eerste Minister, Abdel Abdul Mahdi.

Anti-regering demonstrasies het reds die lewens van baie mense geëis, en die nuwe eis dat die premier met bedank, het Iran genoop om tussenbeide te tree om die erge toestand tot bedaring te bring.

Twee van Irak se mees invloedryke figure sal deur die Irannese afvaardiging besoek word in ’n poging om die geweld wat menselewens eis, te stop.

Die twee invloedrykes staan aan die voorpunt met eise dat die Eerste Minister moet bedank en dat ’n vroeë algemene verkiesing gehou moet word.

Die verset van burgerlikes word beskou as die ergste sedert die dae van Saddam Hoesein wat in 2003 ook tot geweld gelei het.