Die Onderklere brigade

Die verval in die ruwe Suid Afrika kan nie beter weerspieël word as in die optrede van Springbok spelers wat aan die rugby wereld beker deelgeneem het nie.

Met hul segetog deur die land het veral een aspek al hoe meer aandag gekry en dit is die onderklere wat die speler(s) gedra het.  Onderklere in die kleure van die nuwe landsvlag. Tot Desmond Tutu is die geleentheid gegee om een van die spelers se “speedo” te beloer – die speler het sy broek deels afgetrek om  sy onderbroek te  ontbloot sodat die eerwaarde die kledingstuk kan bekyk.  Daar is nou verder gegaan met die uitdaging dat mans getoets moet word vir prostaat kanker en die uitdaging gaan gepaard met foto’s van spelers in hul onderklere wat ʼn beroep doen op mans om kanker toetse te ondergaan.

“Pa is dit reg as ek my onderbroek by die skool wys vir ander maaitjies”? vra klein Jannie aan sy pa.  Is dit die rolmodelle wat ons kinders het om na op te kyk?   Is dit sedelik moreel verdedigbaar? Ek glo nie.

Jockey snr