Die afgrond wink vir Tito

Die ANC se Minister van Finansies, Tito Mboweni, staan op die finansiële afgrond van Suid-Afrika, en nou moet hy toon hoe bekwaam hy is.

Mboweni is drie maande tyd gegun deur die Graderings Agentskap Moody’s, wat tot hede baie geduldig was met die minister om nie die land op die finansiële ashoop te gooi nie.

Nou het Moody’s die ANC regime drie maande tyd gegee om die land se kredietwaardigheid te verbeter en ’n werkbare plan tot uitvoer te bring.

Die eise is ondermeer dat die regering meer stabiliteit oor sy eie skuldlas moet bring, en moet sommer begin deur die R150 miljard se besparings te bewerkstellig, wat volgens kenners, nie deur die minister of di ANC regime suksesvol gedoen kan word nie.

Moody’s wil ook sien dat die klomp bankrot staats entiteite se finansiële stand deur konkrete optrede verbeter word, en daarvoor het Tito Mboweni drie maande tyd gekry.