Die 16 dae veldtog

Die aktiviste se 16 Dae van geen Geweld teen Vroue en Kinders word wyd deur die media en die sosiale netwerke gepropageer, en selfs die ANC se Cyril Ramaphosa het die perd opgesaal en ook ’n eie gelê.

Hy sê dit is ’n groot skande dat geweld teen vroue en kinders gepleeg word, en die “nasie” moet hulle skaam vir die land se swak rekord.

Ramaphosa se die gewelddadigheid is alles behalwe waarvoor Suid-Afrika staan, terwyl mans en seuns eerder respek moet hè vir die vroulike geslag en hulle moet beskerm teen geweld.

Terwyl die ANC president die gedagtes oordra aan die mense van Noord-Transvaal, is meer as 250 nuwe gevalle van geweld teen vroue en kinders gepleeg is volgens die statistieke dat daar elke 3 minute ’n nuwe wandaad teen hulle gepleeg word.

Suid-Afrika is een van die wêreld se mees gewelddadige lande wat vroue en kinders raak, en met die verkragtingsyfer wat skrikwekkend hoog is, en die moord syfer van meer as 50 mense per dag, sal die president beter maatreëls in plek moet sit as om ’n mooi klompie woorde in te span.