Denel kontrak word gestop

Suid-Afrika het die reuse kontrak van Denel geblokkeer wat miljarde Rand beloop het. Die kontrakte, waarvan die grootste is vir wapentuig aan die twee lande, Saoedi-Arabië, en die ander een aan die Verenigde Arabiese Emirate, is geblokkeer en kan uiteindelik deur die kopers gekanselleer word.

Die Suid-Afrikaanse vervaardiger Denel, wat tans soos vele ander staats entiteite, sukkel om kop bo water te hou, kan kwalik bekostig om die reuse bestellings te verloor omdat ’n dispuut oor inspeksie ontstaan heet.

Ingeligte bronne wys daarop dat dit ook kan beteken dat duisende werksgeleenthede in gedrang kan kom by die sukkelende wapentuig vervaardiger.

Die inspeksie dispuut wentel glo om ’n klousule in die uitvoer dokumente wat vereis dat buitelandse kliënte nie wapentuig mag oorplaas na derdeparty instansies of lande nie.

Die bepaling lui verder dat Suid-Afrika toegelaat word om inspeksie te doen oor die fasiliteite, en die bepalings kan lei tot kansellasie van bestellings wat miljarde Rand beloop.

Saoedi en die VAE koop nagenoeg 35% van Denel se produksie, en die dispuut wat nou na die oppervlakte gekom het, kan alles verongeluk, ook vir toekomstige bestellings, word gesê.