Denel kan dalk asemskep

Met die klaarblyklike inisiatief en leiding van die nuwe hoof by die wapenvervaardigers, Denel, is daar stilweg ’n kontrak aangegaan vir die uitvoer van wapentuig ter waarde van meer as R6 miljard.

’n Woordvoerder van die vervaardiger het bevestig dat ’n kontrak verkry is, maar dat die breër besonderhede daarvan nog nie bekendgemaak sal word nie.

Die nuwe kontrak wat R6,3 miljard beloop, sal aan die parlement voorgelê word gedurende die komende week, om die uitvoer van die wapentuig goed te keur.

Die nuwe tegnologie wat in die wapentuig gebruik sal word, het waarskynlik die knoop deurgehaak, en kan toegeskryf word aan die kundigheid van mense wat oor jare hulle bedrewenheid in wapenvervaardiging bewys het.