Cell C en MTN sluit kontrak

Die sukkelende Cell C kommunikasie maatskappy het onverwags ’n ooreenkoms met ’n opponent, MTN, gesluit terwyl Telkom van plan was om die maatskappy te koop.

Die ooreenkoms bring mee dat Cell C, as die land se derde grootste selfoon maatskappy, ’n verlengde diens aan 95% van die bevolking kan bied.

’n Woordvoerder van Cell C het Maandag gesê lang en uitgerekte onderhandelings met SA se tweede grootste selfoon maatskappy is bereik, en dit stel Cell C in staat om van MTN se netwerk gebruik te maak in gebiede wat tot nou nie bereik kon word nie.

Voorheen het Cell C ’n ooreenkoms met Vodacom gehad, maar het besluit om eerder van MTN se netwerk gebruik te maak in die toekoms.