Brittanje verbied skaliegas ontginning

Die Britse regering het skaliegas ontginning ten sterkste verbied in die hele land, nadat ’n nuwe wetenskaplike studie getoon het dat die praktyk onherstelbare skade aan die onderaardse struktuur veroorsaak.

’n Onveranderbare moratorium is ingestel wat onmiddellik van krag gemaak is en opgevolg is met ’n openbare dokument wat die wetenskaplike bevindinge uiteensit.

Die optrede van die regering is wyd verwelkom deur natuurliefhebbers wat groot kommer gehad het oor die moontlikheid dat gas ontginning wel toegelaat sou word.

Waarnemers in Suid-Afrika behoort die besluit van die Britse regering, en die wetenskaplike bevindinge wat in ’n verslag saamgevat is, aan die Suid-Afrikaanse regering te stuur wat so graag skaliegas ontginning in die Groot Karoo wil toelaat.