Brasilië tref drastiese finansiële maatreëls

President Bolsonaro

Brasilië se nuut verkose president, Jair Bolsonaro, en sy regering het ’n wye reeks hervormings beplan om die land se geweldige skuldlas en swak ekonomiese toestand t verbeter.

Die president het bekendgemaak dat uitgawes besnoei en die staatsdiens se werkerskorps aansienlik kleiner gemaak gaan word.

Die land gaan ook sy plan om die ambisieuse privatiserings plan begin wat ondermeer insluit dat die Sentrale Elektriese Kragvoorsiener na die Kongres se goedkeuring, ook geprivatiseer sal word.

Die staatsdrukkery gaan ook hervorm word sodat die privaat sektor ’n groot deel van die regering se drukwerk oorneem om die groot uitgawe daarvan te bestry.

Die desentralisering van die begrotings na verskillende deelstate geniet ook aandag en sal indien goedgekeur word, beteken dat strenger beheer oor uitgawes toegepas kan word.

Waarnemers sê die president se hervormings kan ’n nuwe tydvak van groter voorspoed inlui terwyl die huidige stand rede tot kommer wek.