Brasilië inboorlinge woedend oor mynregte

Minstens 15 inboorling stamhoofde en hulle volgelinge beskuldig die Brasiliaanse president, Jair Bolsonaro, vir sy toelating van onwettige mynbedrywighede op hulle reservaat gronde in die Amasone reënwoude.

Hulle versoek ook die Bolsonaro-administrasie om nie weer planne te begin om hidro-elektriese damme te bou in die magtige Tapajos Rivier nie.

Die rivier vloei deur die inboorlinge se reservaat gebied en is een van die grootse skoon water riviere van die Amasone.

Sowat 50 Munduruku, waarvan sommige kinders is, het ’n week lank per bus gereis om hulle klagtes te lug by die hoof van die departement wat handel oor inboorling aangeleenthede.

Van die inboorlinge is egter tevrede met die president omdat hy hulle toelaat om myne te bedryf en so hulle lewenstandaard verhoog het.