Boris Johnson misluk as premier

Die meningsvormers in Brittanje reken dat die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, misluk en dat sy beloftes tydens die verkiesingsveldtog leeg en onuitvoerbaar was.

Boris Johnson het die kiesers belowe dat hy op 31 Oktober fie Verenigde Koninkryk finaal uit die Europese Unie sal lei, maar dit het nie gebeur nie.

Die Britse parlement het met hom gemaak soos wat hy en sy aanhangers met sy voorganger, Theresa May gedoen het deur al die voorstelle te verwerp.

Johnson het nou die EU se versekering dat hy op 31 Januarie, of selfs vroeër, mag skei met Europa, wat hom laat besluit het om op 12 Desember ’n algemene verkiesing te hou.

Die Britse verdeeldheid oor Brexit se wanneer, hoe en selfs of uittrede wel moet gebeur, bestaan daar nie ’n goeie resep vir die premier om na te volg nie.

Brexit hang nog steeds in die lug aan ’n draadjie, en wat Johnson gaan bereik met ’n blits verkiesing, is nog onduidelik, maar hy hoop om ’n meerderheid in die parlement te kry, wat sy Brexit planne sal deurvoer.

Die Britse parlement het sy besluit om ’n vervroegde verkiesing te hou, aanvaar en die opposisie het aangedui dat dit ’n gulde geleentheid is om Johnson uit die kussings te lig, maar kenners se die Arbeidersparty het tans hulle swakste leier ooit, wat nie die verkiesing sal wens nie.