Bolivië ondersoek vorige president

Die Prokureur-Generaal in Bolivië het bekendgemaak dat sy kantoor ’n ondersoek gelas het na die voormalige president, Evo Morales.

Die ondersoek hou verband met moontlike ondergrawing van die tussentydse regering en sy aandeel aan terrorisme, wat na sy bedanking gelei het tot gewelddadige opstande in die land.

Die Minister van Binnelandse Sake het ’n formele klag teen die voormalige president ingedien wat gebaseer is op bewyse, maar wat deur Morales bestempel is as fop-inligting.

President Jeanine Anez wat as tussentydse regeringshoof optree, is ’n voormalige senator in die Morales regime, is ’n sterk opponent van die vorige president, en ondervind moeite om die opstande te beheer wat die afgelope weke in Bolivië woed.

Sy het egter ’n parlementêre besluit deurgevoer dat verkiesings gehou word om daarmee ook kalmte te bring in die land.