Bolivia herstel bande met VSA

President Jeanine Anez

In die hoofstad La Paz het die tussentydse regering ’n nuwe sein die wêreld ingestuur toe die land ’n ambassadeur benoem het om in die VSA diens te doen.

Die daad word beskou as die pad na herstel van verhoudings met Amerika, nadat die bande vir meer as 11 jaar verbreek was, en die vorige rgering bande gevestig het met Venezuela en Kuba.

Die tussentydse staatshoof, President Jeanine Anez, het daarmee getoon dat sy en haar regering die bande wat deur die vorige president, die sosialisties gesinde Evo Morales verbreek is, weer te herstel.

President Jeanine Anez het dadelik groter kalmte onder die oproeringe kiesers gebring met haar aankondiging dat maatreëls getref word om ’n nuwe verkiesing te hou wat vry en regverdig sal wees.

Bolivia het in ’n land van opstand verander toe vasgestel is dat die vorige president gekonkel en verkiesingsbedrog gepleeg het. Hy was verplig om te bedank, en het ook die land uit gevlug om die aggressie van die kiesers te ontwyk.