Bolivia beskuldig Kuba van ondermyning

Die tussentydse regering van president Jeanine Anez het Kuba daarvan beskuldig dat die kommunistiese eiland bewoners ingemeng het met die politieke aspekte in Bolivia, en het ook besluit om die diplomatieke korps en beamptes van die regering in Venezuela te beveel om die land te verlaat.

Die Kubaanse amptenary en geneeskundiges is ook beskuldig van opstokery om die land onregeerbaar te maak nadat die vorige president Morales bedank het..

Die nuwe  Minister van Buitelandse Sake, Karen Longaric, sê Kuba moet sy 725 burgers per vliegtuig kom wegneem ui Bolivia, waarvan die grootste aantal dokters en mediese personeel is.

Sy het as nuwe minister ook beveel dat Venezuela al sy diplomatieke verteenwoordigers onverwyld kom haal vir dieselfde redes as wat die Kubane beveel is om die land te verlaat.