Boere in Frankryk ontwrig hoofweë

Boere in Frankryk is woedend vir die sosialistiese president Emmanuel Macron se beleidsrigtings wat hulle voortbestaan as landbouers bedreig.

Die boere het met groot trekkers en ander swaar implemente die snelweg aangedurf na Parys waar hulle die verkeer in algehele chaos gedwing het.

Die optog van honderde boere het president Macron tot raserny gedryf en hom slapeloosheid besorg in sy groot paleis.

Meer as ’n duisend trekkers het teen ’n slakkepas die stad Parys ingestroom vanuit die noorde sowel as die suidelike hoofroetes.

Die twee hoof Landbou Unies het ’n deeglik georganiseerde optog gereël, en die honderde trekkers het met groot gedreun verby die Elysees Avenue waar die president se paleis geleë is, beweeg.

Die polisie se oproep om die optog te staak, het op dowe ore geval, en toe verskyn honderde baniere wat sê: Macron, antwoord ons”  en “Red Frankryk se boere”.

Die boere eis ’n afspraak met die president wat opsigtelik weggekruip het uit vrees dat hy aangerand kan word.