Boeing erken vervaardiging fout

Dennis Muilenburg

Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Boeing maatskappy, Dennis Muilenburg, staar meer probleme in die gesig na al meer vrae omtrent die maatskappy se mislukte pogings om te voorkom dat dodelike vliegtuig ongelukke plaasvind.

Boeing se hoof het reeds ’n tweede dag van ondervraging gehad oor die twee vliegtuie wat op soortgelyke wyse neergestort het en die dood van menige passasiers tot gevolg het.

Die ondervraging deur die Amerikaanse Vervoer en Infrastruktuur Komitee se voorsitter, Peter DeFazio, het ’n stremmende aanval op die Uitvoerende hoof van Boeing gedoen.

Die MCAS veiligheid stelsel van die Boeing 737 Max vliegtuig het in twee ongelukke die dood van 346 mense vanjaar veroorsaak.

Dennis Muilenburg het later erken dat ’n ontwerp fout op die stelsel gevind is, en sê die maatskappy het ’n aantal foute begaan.