Betogers ontwrig De Doorns snelweg

Soos in die verlede, het die ANC weer as opstoker die mense van De Doorns en omgewing gemotiveer om nie net te betoog nie, maar ook om die N1 te beset met klippe wat gepak en voertuie wat onder die klippe gesteek word.

Geen amptelike woordvoerder is as leier geïdentifiseer nie, en al wat bekend is, is dat die gewelddadige oproer georkestreer is deur mense wat glo nie plaaswerkers is nie, maar wat die plaaswerkers opsteek om amok te maak.

Die oproeriges tree presies op soos wat in 2012 die geval was, en onbevestigde berigte lui dat dit dieselfde opstokers is as sewe jaar gelede toe die N1 ook onbegaanbaar gemaak is.

Ontevredenheid heers glo by die werkers nadat die tarief van R14.51 per uur verlaag is na R10.60 van ’n bepaalde werker, en die dagloon wat betaal word aan die laags besoldigde, beloop R90 per dag terwyl die hoogs betaalde werker R130 per dag kry.