Bedenklike Polisie optrede in Hong Kong

Die afgelope naweek se optrede deur die kommunisties gesinde polisie van Hong Kong het gelei tot die kritieke toestand van minstens drie pro-demokratiese aktiviste.

Die polisie het met knuppels onder die mense ingevaar en die drie aktiviste is sodanig beseer dat hulle in die intensiewe eenheid van ’n hospitaal opgeneem moes word.

Studente het foto’s geneem met selfone en die polisie se optrede op die sosiale netwerk versprei tot verontwaardiging van die kommunistiese regering van Beijing.

Student het ook hard geskree en die polisie gewaarsku dat hulle onmenslike optrede in die hof besleg kan word, en dat die Sjinese regering in diskrediet gebring sal word vir hulle wandade teen mense wat vreedsaam betoog het.