Australiese brande veroorsaak hernude chaos

Elektriese kragtoevoer is deur die kragvoorsieners afgeskakel wat duisende mense en minstens 100 skole sonder krag laat en daarom gesluit moes word.

Die kragtoevoer is afgeskakel weens die geweldige risiko dat meer brande en ongelukke kan ontstaan in die oostelike deel van Australië.

Hernude brande het opgevlam in die geteisterde New South Wales en Queensland waar die verwoestende brande nou reeds weke lank duur terwyl geen reën voorspel word wat kan help om die brande te blus nie.

Meer as een  miljoen hektaar woud en veld is reeds deur die vlamme verteer, en sowat 300 woonhuise is tot op die grond afgebrand.

Die vuur het Woensdag weer op 50 ander plekke opgespring en met die hittegolf van tot 43 grade Celsius gepaard met droë warm winde, word bestryding ’n moeisame taak.

Vuur bestryders werk van die son soggens opkom tot na middernag in ’n poging om die vlamme te beheer, en dit duur nou reeds weke sonder noemenswaardige afname van die brande.

Die kragvoorsiener was genoodsaak om in die omstandighede ’n bydrae te lewer deur die krag af te skale wat sowat 12,000 kleinte direk raak.