Asiatiese lande wil eie handelsooreenkoms kry

’n Woordvoerder uit Thailand het gesê die lande uit Asië het ’n byeenkoms gehou waartydens eerste gesprekke gevoer is oor die daarstelling van ’n gesamentlike blok met handelsooreenkomste wat dit die wêreld se grootste handelsooreenkoms kan maak.

Alhoewel die Indiese afvaardiging sy twyfel het oor die daarstelling van so ’n blok het die moontlikheid reeds wye aandag in die pers geniet.

Die vergadering is gehou na aanleiding van die handelsoorlog tussen Sjina en Amerika, wat die kommunistiese land ’n ernstige finansiële knou gegee het wat nog nie beëindig word nie.

Die sestien nasie byeenkoms wat met geesdrif deur Sjina ondersteun word weens sy finansiële agteruitgang weens die handelsoorlog met Amerika, moes egter sien dat nie al die lande so opgewonde is soos hy nie.

Die byeenkoms wat tot laat in die nag aangehou het, was veroorsaak toe Indië negatiewe klanke laat hoor het, en wat gelei het tot die verklaring wat aan die pers gegee is dat die gesprekke “konstruktief” was.

Die moontlike ondertekening van ’n ooreenkoms tussen die lande sal egter eers in 2020 gedoen word wanneer al die knelpunte uitgestryk is.

Die teenwoordigheid van Australië, Japan en Nieu Seeland  word as ’n merkwaardige gebeurtenis beskou aangesien die lande nie gretig is om saam met Sjina in onderhandelings te gaan nie.

Woensdag het die Indiese premier Modi aangekondig dat Indie nie deel van die ooreenkoms sal wees nie, en daarna onttrek uit die samesprekings.