Argentynse president kry eerste kopskoot

Alberto Fernandez

Die nuut verkose president van Argentinië het sterk teenstand gekry nadat hy ’n week gelede tot president verkies is.

Alberto Fernandez het as nuut verkose president, die afgelope paar dae moes sien hoe sy belofte onbereikbaar raak toe die eerste besigheids week getoon het dat die markte verder terugsak.

Die land se geldeenheid en aandele markte het ’n diep duik geneem nadat onderhandelings met internasionale instansies oor die haglike finansiële toestand van Argentinië gestaak is.

Alberto Fernandez het in die verkiesingsveldtog juis belowe dat hy suksesvolle onderhandelings sal voer met skuldeisers en ander instansies, wat nou op ’n mislukking uitgeloop het.

Fernandez wat voorheen bedrog onderhandelings met krediteure in 2005 gelei het, was vir geruime tyd onder verdenking in politieke kringe.