ANC kry rekening vir drukwerk

Om 30,000 verkiesingsplakate vir die ANC te druk, het gelei tot die skok van die regerende party wat daarna ’n rekening ontvang het van R100 miljoen.

Dit beteken dat ’n enkele plakkaat sowat R3,000 gekos het, wat die drukkery sommer oornag skatryk gemaak het, maar dit lyk of die ANC nie so ’n rekening gaan betaal nie.

Ezulweni Investments  in Natal het glo die drukwerk gedoen wat deur die ANC gedurende die verkiesing gebruik is, maar die ANC sê die rekening sal nie betaal word nie omdat daar geen goedkeuring gegee is vir die bestelling nie.

Fikile Mbalula het glo gesê hy weet niks van die bestelling aan die drukkery nie, en nou wil die drukkery die ANC na die Hooggeregshof sleep.

Na raming is sowat R2 miljard deur die politieke partye spandeer tydens die afgelope verkiesing, en waarnemers het opgemerk dat drukkerye waarskynlik die beste deel van die geld ontvang het.