Albanië kry hewigste aardbewing ooit

Minstens 21 mense het omgekom in die hewigste aardbewing wat Albanie Woensdag getref het. Ingeligte bronne sê dit is die ergste skudding wat in die afgelope dekades geregistreer is.

In die hoofstad Tirana asook in die westelike en noordelike gebiede, het geboue inmekaar getuimel en inwoners onder die puin begrawe.

Van die oorledenes is ’n aantal swanger vroue wat deur die skudding wat 6,5 op die Richterskaal geregistreer het.

Mense wat in ’n blok woonstelle op die vyfde vloer geslaap het, is deur die skudding wakker geruk toe die gebou soos ’n kaartehuis inmekaar gestort het.

’n Vrou wat ongedeerd daarvan afgekom het sê dit is net die Hoërhand wat gekeer het dat hulle nie almal omgekom het nie.

Die sentrale punt van die aardbewing was 30 kilometer wes van die hoofstad, en is deur verskeie Balkan lande waargeneem, maar sonder enige skade.