Advokaat gedood tydens hofsaak

Addelaid Ferreira-Watt

Die staatsadvokaat, Addelaid Ferreira-Watt, is tydens ’n hofsitting die slagoffer toe ’n wapen wat as bewysstuk dien, afgegaan en haar noodlottig getref het.

Addelaid Ferreira-Watt is ’n senior staatsadvokaat wat deur die frats ongeluk gedood is terwyl sy Maandag aan diens in die hof was.

Die hofsitting het plaasgevind in die streekshof in Ixopo, Natal, en sy is dadelik na ’n hospitaal vervoer waar sy later beswyk het.

Later is gemeld dat die wapen geval het, en met die slag daarvan het die skoot afgegaan en haar getref.

Die 51-jarige advokaat Addelaid Ferreira-Watt is in die heup getref, en die hospitaal woordvoerder wou geen verdere besonderhede bekendmaak nie.

Die voormalige hoof van die Valke in Natal, Johan Booysen het sy skok uitgespreek oor die noodlottige voorval.

Die vuurwapen is n haelgeweer, en het n groot wond gelaat vanwee die kort afstand.