Ace se plan toe geldverkwisting

Ace Magashule

Die Sekretaris-generaal van die ANC, en voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, se plan om Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te bring om die Vrystaat se “water probleme” op te los, het toe uitgeloop op verkwisting van miljoene Rand.

Die sogenaamde Kubaanse ingenieurs is verwelkom met ’n enorme sermonie toe hulle vier jaar gelde uit Kuba hierheen gekom het.

Van die 37 Kubane, wat hulle uitgegee het as ingenieurs, het daar nou nog net drie in die Vrystaat oorgebly.

Mgasjule se indrukwekkende “ Vrystaat Kubaanse Tegniese Adviseurs Program, wat belastingbetalers meer as R84 miljoen gekos het, het toe soos so baie ander projekte, in skielike dood gesterf sonder dat die “water probleem” opgelos is.

Die kamtige ingenieurs, wie se kwalifikasies nie in Suid-Afrika erken word nie, moes ook sien dat die dienslewering in die Vrystaatse munisipaliteite verhoog word, kon nie hond haaraf maak met die ANC werkers nie, en geen positiewe resultate is bereik nie.