Ace se naam in hofsaak

Die naam van twee hoë profiel ANC lede is betrek in ’n hooggeregshof saak waar daar na bewering miljoene Rand by betrokke is asook ’n moontlike moordsaak.

Die ANC se Sekretaris-generaal, Ace Magashule en die Minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi se name het na vore gekom in ’n saak waarby R5 miljoen omkoopgeld en moord ondersoek word.

Die saak wat gevoer word in die Hooggeregshof van Bloemfontein, word gevoer teen agt mense waarvan ’n sakeman, polisiebeampte, ’n weermag soldaat en ’n prokureur beskuldig word, wat ook moord insluit.

Die moord op ’n sakeman, Louis Siemens in Mei verlede jaar het aanleidings gegee tot die hofsaak wat verlede week begin is, kan na verwagting tot einde November duur.