Zuma maak gereed vir Wapen hofsaak

Die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, maak glo gereed om in die hof te verskyn vir die aanklag teen hom oor die Wapen Transaksie korrupsie saak wat in die hooggeregshof sal afspeel.

Zuma se vorige poging om saam met die Franse wapen maatskappy te vra dat die saak eens en vir altyd van die hofrol geskrap word, het misluk, en nou kom die saak eersdaags weer na vore wanneer Zuma onder hewige kruisvuur gaan beland.

Die Zuma-kamp het met goeie voetwerk van sy regsverteenwoordigers daarin geslaag om die saak uitgestel te kry, en byna ook geslaag om dit finaal afgesit te kry.

Politieke bronne beweer dat die hofgeding kan li tot die vervolging van nog ’n voormalige ANC president, Thabo Mbeki, wat gedurende die korrupsie skandaal die president was en Zuma die visepresident.

Zuma se hoof argument in die vorige hofsaak was dat hy nie ’n vry en regverdige verhoor sal kry nie, en daarmee die regters vooraf veroordeel het.