Zuma lieg, sê Madonsela

Thuli Madonsela

Zuma het baie geleenthede gehad om te reageer op die beskuldigings teen hom voordat die verslag vrygestel is, sê Thuli Madonsela.

Die voormalige Openbare beskermer het Duduzane Zuma, die beskuldigde van Staatskaping, daarvan beskuldig dat hy gelieg het voor die Kommissie oor Staatskaping in ’n poging om die aandag af te lei van die aantygings wat teen hom gemaak is.

Zuma het voor die kommissie beweer dat hy nooit die geleentheid gehad het om te reageer op di beskuldigings teen hom wat deur die voormalige Minister van Finansies, Mcebisi Jonas, gemaak is nie.

“Hy lieg, en ek weet nie waarom hy dit doen nie” het Madonsela gesê.

Zuma het ook voor die kommissie gesê hy bevraagteken waarom Madonsela hom nooit geleentheid gegee het om te antwoord op vrae in ’n persoonlike ontmoeting nie.

Adv. Phillip Mokoena wat Zuma ondervra het, wou ook weet oor die rol van Zuma en Fana Hlongwane, sowel as een van die Guptas gespeel het in 2015 tydens hulle drie se ontmoeting toe die minister betrokke was by ’n R600 miljoen aanbod.