Zondo en die geregtigheid

Oor ’n termyn van langer as 12 maande het mense voor die Zondo Kommissie getuig oor die krisis voorvalle aangaande die Staatskaping wat deesdae die Suid-Afrikaanse nuus oorskadu.

Dosyne mense wat direk en indirek betrokke was by die kaping, het mekaar oor en weer beskuldig, en Suid-Afrika moes hoor hoe mense miljoene Rand op korrupte wyse bekom het van een oord na ’n ander.

Die werklike aspek wat saakmaak, is wie en wanneer word mense vervolg, skuldig bevind en swaar gestraf, en hoe lyk die moontlikhede dat sommige nog skotvry daarvan gaan afkom en sy miljoene Rand geniet terwyl ander wat minder geld in sy sak gesteek het, agter tralies vakansie hou.

Sonder om vooruit te veroordeel, is daar volgens kenners, minstens twee dosyn mense wat dit sal verdien om agter tralies te sit, waarvan ’n hele paar dalk lewenslank sal kry.

Ons ken Suid-Afrika, en ons ken die Ruwe SA, want hier is die onmoontlike ook moontlik, en kan dit net wees dat baie van die kapers nooit vervolg sal word nie.

Hans Greef