Word Noord Korea moondheid ses?

Nuwe inligting wat vrygestel is, dui daarop dat die kommunistiese Noord-Korea klaarblyklik daarop ingestel is om later as die sesde “groot moondheid” van die wereld te word.

Om die beeld van die land se leier, Kim Jong-Un te bou is ’n video opname gemaak waar hy op ’n wit perd ry in die gevaarlikste bergtoppe van Korea.

Kim Jong-Un is oortuig daarvan dat sy land se plan om ’n “groot operasionele staat” te word, uiteindelik bewaarheid sal word.

Die propaganda van Kim op ’n groot wit perd in die sneeu van die gevreesde Mt Paektu berge wat, glo die heimat van sy voorgeslagte is, word wyd verkondig om verbeelding aan te gryp van sy versukkelde inwoners.

Benewens die kernwapen program wat tot kommer in Westerse lande gelei het, beplan die kommuniste ook om met ’n eie ruimtevaart program te begin te midde van swaar ekonomiese sanksies.