Wes-Kaap taxi’s ontwrig verkeer

Die Wes-Kaapse taxi bestuurders gaan hierdie week weer met hulle protes begin en daarmee die verkeer van die groot stede soos Kaapstad en Bellville ontwrig.

Verskeie taxi verenigings het die verset begin wat hierdie week hervat kan word om hulle ontevredenheid met Kaapstad se Verkeersdepartement.

Hulle beweer dat die Verkeersdepartement se beamptes die taxibestuurders as teiken gebruik en die eerste vlaag van protes het reds in die westelike streke van die moederstad begin.

Die taxi bestuurders beweer dat die verkeersbeamptes fokus op hulle en met “onmoontlike hoë boetes” op hulle toeslaan.

Sedert die begin van Oktober het die taxi’s met hulle voertuie die paaie en strate blokkeer wat ’n totale chaos en verkeersopeenhoping tot gevolg gehad het.