Wes-Kaap soek alternatiewe kragvoorsiener

Terwyl die hele Suid-Afrika gebuk gaan onder die swak bestuur vcan Eskom wat nou weer met beurtkrag begin het, is die Wes-Kaap besig met ’n ondersoek om ’n alternatiewe kragvoorsiener uit die privaat sektor te vind.

Die beurtkrag en onbetroubare diens van die nasionale kragvoorsiener kos die Wes-Kaap miljoene rand per dag, en word die gevolglike verliese nie meer bekostigbaar nie.

’n Woordvoerder van die Wes-Kaap sê die provinsie verloor R75 miljoen per dag as gevolg van Eskom se onbetroubare diens, wat nou reeds R400 miljoen beloop het vir die eerste drie dae van beurtkrag.

Sulke uitgawes is onbekostigbaar, en word daar nou indringend gekyk na die moontlikheid van ’n alternatiewe kragvoorsiener vir die Wes-Kaap.