Werkloosheid styg nog verder

Werkloosheid, die een onderwerp wat deur die ANC uit die weg wil ruim, het weer verder die hoogte ingeskiet, en is nou hoër as enige tyd van die afgelope dekade.

Die tendens beteken dat nog ’n spyker in die regime se finansiële doodkis ingeslaan met die aankondiging dat die werkloosheidsyfer nou die 29% vlak verbygesteek het.

Die ANC se president het telkens aangedui dat groot beleggings uit talle dele van die wêreld na Suid-Afrika gaan stroom, wat die werkloosheid sal verminder met die duisende werksgeleenthede wat dit sal meebring.

Nou is daar ’n doodse stilte aan die kant van Cyril Ramaphosa, en die planne wat gemaak word, misluk die een na die ander.

Ekonome wys daarop dat die goedgesindheid van Moody’s om tot hede die land te bewaar van ’n rommel status, deur gebeure soos werkloosheid en Eskom bankrotskap op die uiteinde nie sal ignoreer nie.