Wêreld se oudste pêrel ontdek

Argeoloë in die Verenigde Arabiese Emirate het, wat as die wêreld se oudste pêrel beskou word, gevind en sê die pêrel van 8,000 jaar gelede kom uit die Steen Tydperk.

Die wetenskaplikes reken die pêrel was as juweel gedra wat waarskynlik deel was van ’n groter string pêrels.

Abu Dhabi se Department van Kultuur het die aankondiging gemaak en gesê dit is waarskynlik die wêreld se oudste natuurlike pêrel wat nou op die eiland Marawah ontdek is.

Die argeoloë het die pêrel tussen die ruïnes uit die Steen Tydperk op die eiland gevind en daarmee word nuwe moontlikhede gesien wat betref die handel op die eiland gedurende daardie tyd.  

Abdulla Khalfan Al-Kaabi sê die ontdekking is ’n bewys dat daar minstens 8,000 jaar gelede handel gedryf is met pêrels wat waarskynlik nog veel verder terug in die verlede reeds ’n groot handelsartikel was.