Wêreld Nuusflitse

Zimbabwe

Die Amerikaanse regering het sanksies ingestel teen die Minister van Veiligheid, Owen Ncube, weens sy betrokkenheid by die oortreding van menseregte in sy land. Dit beteken dat die minister se bewegings op internasionale vlak aansienlik beperk word.

Kuba

Die Trump administrasie het alle vlugte na Kubaanse lughawens verbied, behalwe Havana se lughawe, en daarmee die sanksies verder verswaar teen die kommunistiese eiland wat reeds met ’n enorme brandstof krisis sit sodat osse ingespan word om die werk van trekkers te doen op plase.

Hong Kong

Die mediese korps in Hong Kong het hulle steun toegesê aan die pro-demokrate en hou ’n verset optog in die sentrale middestad uit protes teen die brutale geweld wat die polisie gebruik het teen die optoggangers wat reeds meer as vier maand lank in verset is.

Chile

Meer as een miljoen kiesers in die Suid-Amerikaanse staat Chile, het die naweek die strate van Santiago beset uit protes teen die regering se onvermoë om die ongelykheid tussen mans ’n vroue uit die weg te ruim.