Waardering vir Trump oor Korea-gesprekke

Die Russiese president, Vladimir Poetin, het in ’n onderhoud op ’n TV kanaal in Moskou sy waardering uitgespreek teenoor president Donald Trump se historiese optrede om met Noord-Korea te onderhandel.

Hy sê die Amerikaanse president poog op ’n eerlike wyse om die verspreiding van kernwapens te bestry terwille van internasionale vrede.

President Trump het reeds twee ontmoetings op amptelike vlak met die Skiereiland se leier, Kim Jong-Un gehad, en later ’n welwillendheidsbesoek gebring met sy terugtog na die VSA vanaf Pole.

Alhoewel die gesprekke weinig vordering toon oor die verwydering van Noord-Korea se kernwapen aanleg, is president Poetin oortuig daarvan dat die samesprekings ’n beter verhouding tussen die twee lande gebring het.

Die twee moondhede het nuwe samesprekings gevoer die afgelope naweek sonder die teenwoordigheid van president Trump of Kim Jong-Un.